Sodom en Gomorra

Op ‘n dag het twee engele in die vorm van mans na Sodom gekom om te sien hoe sleg die mense daar werklik was. Lot het hulle gesien by die stadspoort en hulle genooi om by sy huis te bly. Hy het vir hulle ‘n ete gemaak en hulle het daar oornag.

Die mense van Sodom was baie sleg en het na Lot se huis gekom en gevra dat hy die twee gaste uitstuur sodat hulle hulle kon seermaak. Lot het uitgegaan en hulle gevra om nie so sleg te wees nie, maar hulle wou nie luister nie. Die engele het Lot teruggetrek in die huis en die deur toegemaak. Toe het die engele die mense buite blind gemaak sodat hulle nie die deur kon vind nie.

Die engele het vir Lot gesê dat hy sy familie bymekaarmaak moet maak en die stad moet verlaat, want God gaan Sodom verwoes omdat die mense so sleg was. Lot het gegaan en sy skoonseuns probeer oortuig om ook te kom, maar hulle het gedink hy maak net ‘n grap.

Vroeg die volgende oggend het die engele Lot aangespoor om haastig te maak. Lot, sy vrou en sy twee dogters het die stad verlaat. Die engele het vir hulle gesê om nie terug te kyk nie en na die berge te vlug sonder om stil te staan. Maar toe die Here swael en vuur oor Sodom en die stede rondom Sodom laat reën, het Lot se vrou omgekyk en in ‘n soutpilaar verander omdat sy nie na die engele geluister het nie.

Lewer kommentaar