Isak seën vir Jakob

Esau en Jakob was die tweelingseuns van Isak en Rebekka. Esau was die ouer broer en hy het daarvan gehou om in die veld te jag. Jakob was lief vir wildsvleis en het Esau voorgetrek. Jakob het daarvan gehou om by die huis te bly en sy ma te help. Sy het weer vir Jakob voorgetrek.

Isak het oud geword en sy oë was nie meer goed nie. Hy het vir Esau geroep en gesê: “Gaan jag vir my ‘n bokkie en maak ‘n lekker ete vir my. Dan sal ek vir jou ‘n spesiale seën gee voordat ek sterf.”

Rebekka het dit gehoor en sy wou hê dat Jakob die seën moes kry. Sy het vir Jakob gesê om twee bokkies te gaan haal. Sy het ‘n ete gemaak net soos wat Isak daarvan gehou het. Toe trek sy vir Jakob Esau se klere aan en sit bokhaar op sy arms en nek sodat hy soos Esau voel, want Esau was ʼn harige man.

Jakob het na Isak toe gegaan en vir hom die kos gegee. Isak het gehoor dat dit Jakob se stem was, maar het aan sy arms gevoel en toe hy die harige arms voel en Esau se klere ruik het hy vir Jakob die seën gegee wat hy vir Esau bedoel het.

Toe Esau later terugkom en uitvind wat gebeur het, was hy baie kwaad en hartseer. Isak kon nie die seën terugneem nie, want dit was reeds aan Jakob gegee. Esau was baie kwaad en wou vir Jakob doodmaak.

Rebekka het vir Jakob gesê om weg te vlug na haar broer Laban toe totdat Esau se woede bedaar het. Jakob het toe haastig gevlug na Laban.

Lewer kommentaar